PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Edenode

Hans Pienaar

Hier volgens nou die stoornie van Ede-in fanuit
Die perspexdief van een ontgogelde gorrellose
Genie agentleman, 'n onberusperlike sorcerer,
O-getye, en deelneemeneer hierie & doer. Hei,
Pratel met onse & ponde op 1 (2 minus een)
Voorwarrelde, namelyk dat hei! die geheelalde
Tyd met 'n mondvol & tongknoop granatepittes
Pruttel. Want hei? kanaan net die waarisditheid
& watisditheid mompel want reguit: tog te erg

Genie agentleman beland onder vaalbeskerming
Enig enag: Moonie sê wie ek's. Nogtans, en ten
spyte en desondanks: Ienie mienie maai Toe's
my naam geraai. Her Bush se man. Net regs
genoeg: My digter is moonie drugs gebruik nie.
My vrou priesterbyter. Fondelamenties is uns
In dieselfde kampeerterrein. Buk oor ons burgers
soos julle bid oor maatjies. Armegedoente kom
Ook na Wassingkom soos na Bagged Dad. Boem.

Nixon geteken, beteken gin fakeprint. Onontontont-
Syferloos. Interprestasie tot moeniemompel perk.
Vinniger vingering wys onder praagkraag dikmantel.
Neeman sal wiet. Kneed too no begunstigde bul.
Genie agentleman habeas corpus lewende olywe
Bewyser van brandend Her Bush se interGrieksetyd.
Plas my kop op een blok (twee? ha-ha, die Sianied-Y
Kon net 1 uitruik): Geen kullery kom, geen haak-
Skeen ontbloed, geen tuinslang vir vergifse byt

God's adam is 'n Ko-Kain, egodis, dikkertatoeerthor
Magsmagter. S'adam smokkel Ur aan om Babbelhoon
Te laat herreis. Protonetipes & neut-tronetipes spied
Soos granatepittes tot kreetieke massas, wat stroom
oor Ede-in. Hier, die moerras, die evasade julle, is waar
Ede-in was. Is. Vlgns alle bronne: Gieliegammatmes,
Die Koerhaan, en siek loop Eli breedtanniekamma.
S'adam wil in hierdie paddaradysland sy aangestig
In elke boom, in elke verhuising laat kennis maak

S'adam wil granate in jul moerrose opdruk, om evasade
Uit te roeispaan. Now is the time for all good omens
Om Ede-in se vloek te wegverdig: Staan op teen bose
Bedoeinelinge, roestelose moordenarre, maselgraf
grouers, genie poliosiele, nagtige vandalistiges. Soos
ook ons met die Booston T-hempparty, die Rooibadjies
se dwingerdelanderye, die HietenGeBiedler. Nes ons
sal julle die vroegte pluk, nou al: Vryigheid oraal
gewaardegeorg deur presentedent Her Bush.

So gemaak, so gedaan. (Vir eers nog 'n skyf vol pittes
Uit die grawelnat, vir hernuwende cameovlieering.)
Toe die jet sets skroei oor Bagged Dad en smarties
bomme gatspat, en tenks hoogoonde word vir haplose
skiededels, reis die moerras Aarribdiere en die shitte
in opstandigheid, soos Adem en Ewe. Toe skrek Her
Bush hom whacker: Wie's S'adam se Kaiing, of Kabel?
Wie hou die T-Iranese weg? Mossellemme in hulle se
Mosskedes? Sal die shitte die soenies nie soen nie?

Shit-shit-shit. Realpolitik is so unreal. Reelings is nie
Geteiken, dus nie getref nie. As S'adam Hoesmedisyne
Sy pa-luise moet oorgee, een-een, sal mosselmaniakke
Bagged Dad se oliekolonie verbanneling. Her Bush had
G'n keuse/opsie/uitweg. Offer die shitte en Aarribdiere
op. Alte are van mach se ewewieg. Soos Kaiing of was'it
Kabel? So gemaak so gedaan ook. U dienswillige dinar
Is nie speels nie: Een-twee-3-vier-9 (twaalf/20?) hang
Blindedoek Elle onderstebo oor die pleineplaveisellyne

& Hoesmedisyne skeit kanaleknalle & beveel dawerende
damme & herlui riffelure so oud & getroud soos Adem
en Ewe self & bakerteriemat van beskamings. Eeuevraat
en Antichris (hy duik ook oral op) swel op. En Ede-in
droog uit soos 'n ouhouvrou se bors. Of 'n honger een.
Aarribdiere in morsmodder & visse flap ooghoog & flop:
Misslukkings tussen rigieriete & ongewortels & te veel
Blote & eielande ruik na mekaar & kuile word vuil poele
& plasse waar goed-en-kwaad inbroei in smetterjoele

Weet u waarvan ek praat? Of het u vergeet? Of nooit
Geweet? Die kennis was paraat: Oornoglog die enigste
golfvolg. Die Byebul sê tog: Sondes van die vaandeleres
aan die geseundes. Ede-in het verdwuin (amper), duisendes
het aangestruikel na instedes, sak-en-plakkers onder
oë van Hoesmedisyne se plakkaters. En ons het begin
wag vir wat moes kom. Sellevolle geteenwig met sellose fone.
Geenvliegskadesones. En toe die verskoning gekry: Twee
Tuimeltorings. En Dubbelbos kon soos pa Sjok en Og!

TVuurwerk. Blomme oor Bagged Dad. K'het gedoen wat'k
Moes doen. Bedank. Badge ingegee & pistool. Laaste pis
Op my sool afgeskud. Penseisioen gebank. Dentifikasie
Vir ander arts. IDeologie verruil. Kyk Simplesons saam
met die gesondes. Kyk baie laatnag movies. Heldewood
se kaka-rakkers pratel al die tyd met hul monde vol
kosse: Buigels & doennutte & piet-se-ase & burgers.
Kan nie kannibale wees nie, ne, dis om te oefen vir
Die dagdat niemand moet verstaan wat de fok jy sê nie



LitNet: 29 Junie 2004

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.