PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Afgaanse vinke

Hans Pienaar

Die vinke het vanjaar weer ingetrek,
skielik, soos die e-pos-grappie, kamtig
’n versoek van ’n vriend om hulp oornag
met sy besoekers. Die foto aangeheg
is van ’n vragmotor oorlaai met goedere
waarvan dosyne Afgane afhang: trosse
druiwe wat peul uit ’n plukker se mandjie

Soos vlugtelinge trek hulle in, die vinke,
en ontdek onmiddellik die tuin se afval,
die rommel in die agterplaas, maak plan
met stukkies tou, stroop reep aan reep
uit palmtakke, terwyl ek deur my venster
tuur soos ’n CNN-korrespondent en wonder
wanneer kom my beurt vir kommentaar

Die vinke lyk effens soos Afgane, gewade
in geel om hul gesigte gedrapeer, asof stof
kan pla en hulle Islamities moet lyk. Wurms
wriemel soos Arabiese skrif in sand, maar
wegkomkans is min, met soveel vlymskerp
bekke in die takke, en ’n nuweling opgedaag:
’n neushoringvoël met sy Amerikaanse keps

Dit kwetter en kweel in ’n taal wat g’n mens
kan verstaan. Hul ignoreer die swembad, blerts
op my boek, en die wyfies verdwyn om hoeke
asof daar altyd iets anders is om te doen. Net
die een manier ken hulle, en as dit kom uit
hul gene, hoe sal hulle weet, en hoe sal dit my
help om weer van hulle ontslae te raak?

In my sitkamer woon hulle, die Afgane. Kenners
praat van die Great Game, hoe die Taliban
eienaars van televisiestelle straf met kaal
geskeerde koppe. Klanke van skalie wat kraak
in die berge en verbrokkel. Osama bin Laden
en grotte, loopgrawe en draagbare kanonne
en ’n rare passie vir die plant van blomme

Elke jaar val minstens een nes uit ’n boom.
Ek wag geduldig, en een oggend, nog groen,
lê dit daar. Bedagsaam loer ek na binne. Knus
genoeg, beslis geen TV-stel. Terug in die sitkamer
merk ek geen dons tussen die kussings, geen
neste aan die kandelaar. Maar in die gevleg,
vernuftig soos in my tapyte, lê die leidraad

na ’n oplossing: In my tuin die leë klankkaste
soos oorlogsruïnes, en bome vol koekerasies,
van trosse kleurvolle drade uit my elektronika

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.