PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Kraaie in die bome

Hans Pienaar

Die mafia het reeds die vragbote met die rommel uit die ruïnes afgekeer
na ’n geheime kaai. Dis business as usual; hulle is maar net die eerste.
Afgeskeurde vingers in die verkrummelde beton is soos die ou dae.
                  New York. New York
                  Kraaie in die bome
                  Harte treur oor New York

Die spekulante het reeds die volgende dag al vyftien verdiepings
in ’n hotel gaan betrek. Wall Street val soos ’n gebou, trek homself
weer op soos ’n straler wat steeds weet hoe om die wolke te klim.
                  New York. New York
                  Kraaie in die bome
                  Harte treur oor New York

In Chinatown het die sweat shops reeds werkers afgedank. Die polisie
jaag hulle van die sypaadjies af. Arabiese gesigte skuil in hul jasse
se krae. Sopkombuise soek vreemde name in hul lyste van donateurs.
                  New York. New York
                  Kraaie in die bome
                  Harte treur oor New York

Die Stars en Stripes het reeds oral uitgebars, soos sakdoeke uit
’n towenaar se sak. Soos laas op 4 Julie. Patriotte verf hul huise
blou en rooi. Vlagverkopers het reeds hul eerste killing gemaak.
                  New York. New York
                  Kraaie in die bome
                  Harte treur oor New York

Die burgemeester wil reeds nog ’n termyn aanbly. Hy beloof
aan elke familie van ’n slagoffer ’n urn vol rommel uit die ruïnes.
Konkelaars dra grond aan uit opgrawings oorkant die Hudson.
                  New York. New York
                  Kraaie in die bome
                  Harte treur oor New York

Sielkundiges het reeds Internet-programme opgestel. Inwoners
staan tou vir boeke oor coping mechanisms. Verslaggewers huil
en kan nie verder dink nie as: Deadlines, die polisie span reeds deadlines
                  New York. New York
                  Kraaie in die bome
                  Harte treur oor New York

Noodwerkers gaan reeds hul scenario’s deur, die lesse geleer
uit die vorige gesamentlike oefening met die magte. Uit drome
geplant deur jare se lewensgetroue rampfilms en televisiereekse.
                  New York. New York
                  Kraaie in die bome
                  Harte treur oor New York

Reeds stof die filosowe ou en nuwe frases af, soos die dekadensie
van die demokrasie, linkse aasdiere wat op gelykhede teer, paradigma
-verskuiwings, soos tektoniese plate onder die water, onder die water.
                  New York. New York
                  Kraaie in die bome
                  Harte treur oor New York

Reeds het die wêreld niks verander nie. Rekenaarspeletjies bevat lankal
al die voorspellings. Die vliegtuigdraers is al jare gereed met hul duisende
der duisende staflede vir die roetinewraak, die spesiale roetineklopjagte
                  New York. New York
                  Kraaie in die bome
                  Harte treur oor New York

Reeds is die betekenisloosheid besig om terug te groei, soos geïgnoreerde
wandelende jode. Reeds staan die toue gedwee by lughawens, padblokkades,
banke om deursoek te word. Reeds haal ons ons skouers op, en glimlag wrang
                  New York. New York
                  Kraaie in die bome
                  Harte treur oor New York

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.