PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Herinneringe op ’n sondagoggend

Hilde Nel

Onthou jy die klein kliphuisie waarin ons geslaap het?
Ja, sê ek
(verstom dat jy dit enigsins kan onthou —
jy was dan skaars drie en ’n half jaar oud).
Ek onthou hoe ek en jy in die rooiskemer
met ons tweedeur gehuurde kar
ons pad probeer vind het
tussen sinkplaatgehug en doringboom.
Die bang
wat in my keel wou-wou brand
toe die donker daal.
Hoe verlig ek was
toe die kamp se ligte
uiteindelik
voor ons vonkel.
Kan ons weer daarheen gaan?
Ja, sê ek
(swyg eerder oor die twee Belgiese toeriste
wat op dieselfde pad presies ’n jaar later
doodgeskiet is —
ook in ’n gehuurde kar).
Ja,
miskien doen ons dit tog gou weer.
Ek onthou die mense se gestaar
die aand in die restaurant.
’n Vrou alleen met haar kind?
So what,
het ek gedink
en nog rooiwyn bestel.
Jy het brood-in-die-hand rondgeloop
en met die gaste geselsies aangeknoop
tot die kelner se groot irritasie.
Ek het gemaak of ek niks sien nie.
En toe het ons gaan slaap
in ons klein kliphuisie
met die jakkalse se veraf geroep.
En jy onthou dit nog.

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.