PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Suiwer wiskunde

Charl-Pierre Naudé

"I was angry when I realised I had been lied to."
- Rachel Zadok

'n Nuwe skrywer praat
oor haar geluk as kind
niksvermoedend onder die juk
van propaganda en die skande
van apartheid -

'n tyd van kwade wil,
bo alle twyfel.

Sy was kwaad vir die bewindhebbers
toe sy later besef het hulle lieg
vir haar al die tyd.

Maar watter euwel benodig kwade wil
as dit innigheid is
wat beskik?

Kwade Wil, die gehate skepsel,
is voorgelę en gevang deur die Kruisvaarders
en in voetboeie en kettings gesit,
en ons sleep hom deur die strate
en slaan hom met stokke tot hy skubbe kry
en steek met messe die ou kookwater dat hy sis,
die fokken ou harige sirkusvirus aan sy rinkelende leiband,
dans, jou hans-satan, jou logge Gog!
Kap oop daai kastaiing!
Dat hy hare kan groei en bloei
om die piepende pit -

ja, dit lyk of hy bloei ...

Arme, arme
Kwade Wil,
hy is maar net wat hy is,
dis in sy aard.

Wat van die nie is?
Dis 'n groter bekommernis.

Laat staan tog die beer
omdat sy toonnaels groei.
En die voedoepoppe dans nie
omdat hulle 'n keuse het.

'n Kosbare herinnering
aan my liewe pa,
waar hy sit onder die gespanne boog
van 'n leeslamp se lig en geloog straal oor sy boek,
soos 'n witwortel wat pas uit die grond getrek is:
"Treblinka, Auschwitz, dit mag nooit weer
gebeur nie." - fluisterend, in die hoek ...

die hele węreld tuis
terwyl die drukkoker saggies fluit
in die kombuis

waar die sterwensgang van miljoene
plaasvind sonder dat dit lyke agterlaat.

Al wat nodig is
vir die bloederige opklits
van 'n slawe-optog en nuwe skelette in die tuig,
die klein koeverte waarin die universum sterf,
die stamper wat God soos 'n sel vernietig,

is een,
slegs één, enkele
opregte mens.

En van hulle het ons vandag
meer as genoeg.



LitNet: 05 Julie 2005

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.