|
Vampiere*Charl-Pierre NaudéVampiere in Malawi, berig die koerant. Drie weermagjeeps van Lilongwe haas dié kant toe Waar is die lyke? vra die rondgaande kommissaris. Vampiere: sonder tande van hulle, met spuitnaalde; Al hoe meer lanterns dwaal sonder mense, Fluisterings dryf: kan nie wag nie en waarom môre ... En, soos in verre noorderstreke
* Gedurende 2003 het berigte in koerante verskyn oor gemeenskappe in Malawi wat deur vampiere aangeval word. Een van die teikens was n vigs-hulpkliniek van die VN. Die vampiere se modus operandi het soms ooreengekom met dié van mediese personeel: hulle sou met spuitnaalde bloed trek uit hul slagoffers, en daarmee wegloop in sakkies. 16 Januarie 2004 |
|||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |