PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Die man wat Livingstone gesien het

Charl-Pierre Naudé

Die man wat Livingstone gesien het was feitlik reeds blind.
Hoe lank gelede het die Engelsman Afrika ingevaar?
Die 1850s, 1860s? Hy en sy geselskap, hul muskietnette
en hul houtkiste, die groot verkenner wat kort daarna sterwe?
’n Paar leeftye gelede. (Moeilik om sy ouderdom te peil, sê die koerant.)
Dus was die ou man wat Livingstone as kind gesien het, heel begryplik,
hoogs vereer en op die hande gedra deur sy mense, asook vreemdelinge:
’n nasionale kleinood, ’n rondreisende museumstuk.
Sy ululerende stamgenote sou hom in ’n gemodifiseerde kruiwa
van dorpie na dorpie stoot, vooruit en agterna in ’n eindelose
kronkelgang al met die spoor langs wat in die nou modderpaadjie af
ploeg deur die digte bos, van oopte tot oopte, nie sonder ongevalle nie;
vir myle en myle en dae sonder ophou, die ou man wat geduldig
in sy ysterkoppie dobber, oë omgedop, bene ingevou.
Of hy sou in ’n dorpie aankom in ’n sykar vasgebind aan ’n tandemfiets
wat deur twee getrap word, sy gevolg wat saamdrom en op fluitjies
blaas en toeters druk terwyl ekstatiese dorpelinge die stofstraat vee
vir die aankomende optog, met palmblare en strooibesems.
Net soos die dag toe Livingstone homself deur die skare
van Londen verwelkom is, stadig op sy pad na Buckingham Paleis.
En die nuuskieriges het gekom van heinde en ver, om hul respekte te toon.
Om oopmond te staar na die enigste man nog lewend —
nou kinds van die ouderdom — wat die beroemde pionier
met sy eie oë gesien het op ’n bepaalde more in 1870
van agter ’n struik, binne hoorafstand van die Groot Water:
hoe hy rigting vra in ruil vir wierook en koper.
Wat ’n vreemde gesig om te aanskou, ’n deurskynende reisiger;
’n mens heeltemal van siel gemaak, wat rondloop sonder ’n lyf!
Hulle sou sy voete soen, die omgedopte lepels van sy ooglede betas
ná die opdok van ’n fooitjie by die deure van die gemeenskapsaal.
’n Historikus van Europa het gekom om notas te maak:
iewers in dié ou fossiel was ’n eerstehandse ervaring,
’n lewende prentjie, van einste Livingstone, die ware oorspronklike, vasgelê.
Die historikus het die ou man se kop skuins gedraai soos ’n towerlantern
en diep in sy oë getuur vir die ontwykende geheuebeeld.
In die skadudans van blare wat deur die venster oor sy gesig speel, ja daar:
die avonturier wat wild beduie, sy draers die pad vorentoe wys.
Die woerende dakwaaier se skaduwee-flits, helder soos daglig:
’n voël wat verby swiep, net toe hy uitvra oor die Waterval.
Die oue was nou besig om vinnig te kwyn, ’n honderd-en-twintig jaar oud.
Al wat nog van hom oor was, was ’n prentjie van die pionier.
Is iemand wat ’n honderd-en-twintig jaar oud word dan nie ’n pionier nie?
Op ’n draagbaar het hulle hom na buite gedra, een man voor
en een man agter, en hom langs sy houtkis neergesit.
Nie die einde nie verstaan, net om die draers ’n blaaskans te gee ...
En so het hy sélf Livingstone geword, Marco Polo helaas,
’n adellike op sy draagstoel fort na die verste
buitepos, die Oneindige in, ’n ontdekker in eie reg.

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.