PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Die aardvark


(Orycteropus afer)

Lucie Möller

As eerste inskrywing onder aa
loop die aardvark in die vreemde
voor in die ry. Omdat hy aardig is,
word hy opnuut gesoek aan die begin.

Tussen aardbol en aardveld
is hy nêrens te vinde nie;
tussen aart(s)vader en aart(s)vyand
is hy lankal uitgeskuif.

Ook by die varke hoort hy nie;
hy is uit sy plek verplaas
na êrens tussen die erd(t)appels en erd(t)volk.
Hy het uiteindelik spoorloos verdwyn.

In herinnering het hy een nag
jare terug dwars oor die pad geloop,
deur ligte verblind in sy vlug
die spoor heel byster geraak;

sy harige kop daar stukkend geloop -
om die volgende dag onder groot gejuig
en verwondering, afgeslag en gekook te word
in ert- en ysterpotte van die werkers.

Uit die verre verlede kruip hy vannag
onder heinings deur die veld op sy ou roete in:
Sy kloue dring met klam gewoel
in al wat miershoopnes is in.

Hy hou aan grawe
vir plakkers van die veld
- en ander opportuniste -
gate om in te skuil.

As naskrif loop hy steeds die plaashek in;
maak onbekende inskripsies
met sy drieklou-poot as agterspoor
ontsyfer, en bevry hy nog as amulet:

die euwels wat hy weghou;
eensoortig na sy aard
- tubulidentata -
termiete nokturnies
en die aarde van plae en pes.



LitNet: 20 Julie 2004

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.