|
Lucie A. MöllerBegraafplaas op VolmoedSoos haar loop op die solder van die hemel en haar woorde oorvloedige kruike vol moed, kon ek dit nie skryf nie. Soos sy daar lê in die baar van die aarde verby al die stasies van die pyn, weer heel en jonk is hy steeds soos hy was aan haar sy trou soos n rots haar skuiling teen al die storms en verweer, hou die sement en stene van my vader se huise murasies en paleise waarop sy woorde voortbestaan: tot die dood ons skei. Laat my los o laat die onroerende in die ontroosbare afstand doen van gesigte en grafte wat my vashou aan dié stuk grond. |
|||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |