|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |
|
|
|
Carl Mischke
11
Einde van die vloekjaar
Vir Vicky
Op vyf-en-dertigjarige leeftyd, lief,
is ek n ou man met n BMW -
ek kners my tande snags
en skrik vroeg wakker;
ek drink kunsmatig versoete rooibostee
en braafgetrou my kroniese medikasie.
My woorde stol stowwerig
en stomgeslyt, ek praat van
destyds, deelwoorde in die verlede tyd.
Swaarmoedig, soos my suster sê,
kreun die bank onder my oorgewig,
verantwoordelikhede, kwalifikasies;
op versoek van my werkgewer
hersien ek gereeld my lys publikasies,
poste beklee, ondervinding opgedoen
- inkooplys van bemarkbaarheid.
Soms is ek sat en uitgebrand,
verstik in slym of verstrengel
in alledaagse beuselagtighede:
n stukkende skottelgoedwasmasjien,
die matte vaalvertrap en uitgedien.
Die komponiste waarna ek luister
is óf onverstaanbaar avant garde
óf lankal reeds oorlede, ek lees
onophoudelik; fluister, swets
en sweet deur nog n nag
se droomgebeurlikhede.
Op vyf-en-dertigjare leeftyd, lief,
het ek telkens kans verspeel
of die aftog geblaas, ek hyg
en snak, kortasem, kort humeur,
gou verveeld, gou gefrustreer
(selfs die dapperstes vlug).
Maar jy, jy staan op die drumpel,
onverskrokke - jy staan in die deur.
terug / boontoe
|
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
|