|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |
|
|
|
Vier vreesverse vir die fyngevoeliges
Carl Mischke
7
I (ban)
Stel jou voor ek is n landskap:
met slegs n suggestie van afstand,
blik in die verte, gebalanseer
teen die voorgrond, niks steur
of buite verband, n geheel,
anders gestel: n samehangende toneel.
As jy jou anders wil verbeel:
ek is die heilige romeinse ryk,
wyd strek my mag, my invloed,
my onderdane kniel, gelowig,
gedienstig, ek pryk in my glorie;
ek is Rome! n ewige stad:
setel van wysheid, kennis, hoop;
al die sleutels van al die deure
is aan myne vasgeknoop.
Of dalk is hierdie beeldspraak
onvanpas, selfs oordrewe;
ek wil nie voorgee of aanspraak
maak dat ek sonder gebrek
of tekortkoming is nie.
Maar as ek objektief
daaroor nadink (en met moeite
perspektief oor die saak behou)
was ek nooit onregverdig nie -
inteendeel: ek was billik
en vrygewig, traag om oordeel
te fel, en steeds bereidwillig
om jou tot hulp te snel.
Maar jy, jy met jou spitsvondighede,
jou klam hande (o die teistering!),
die weersinwekkende lasterlikhede
wat jy kwytraak, jou antwoord op alles
- ek braak en stik:
onkeerbaar in my walging.
Want jy is meer as steuring,
of blote lastigheid: jy is onwaardig,
vermetel, afstootlik, sonder respek
(jy behoort jou te skaam).
Ek verwerp jou, ek sluit jou
uit my verwysingsraam,
van nou af aan is jy n banneling
van onguns, afkeur, verdoem.
Neem ter harte wat ek beskik, beslis
en berus - soos al die ander
uitgeworpenes.
terug / boontoe
|
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
|