|
Eva Hesse (1936-70) *Jean MeiringDie jong vrou bou met kaal, geveerde hande vir haarself n verhoog in die lug, klim daarop en vertel (die gehoor hang haar lippe aan): ludens rudens ludens Vinnig klim sy af. Verdwyn.
Hesse het deurentyd met nuwe prosesse en materiale geëksperimenteer: Sy gebruik tou, gom en verskeie vorme van plastiek, om sodoende die grense van kuns te versit. Sy kombineer rigiditeit en buigbaarheid, die masjien-vervaardigde en die handgemaakte, harde geometriese abstraksie en sagte organiese figure in haar werk. Haar werk is dus moeilik vatbaar vir kategorisering. Sy het n groot aantal kunswerke nagelaat. Ongelukkig is baie van hulle, weens die die aard van die eksperimentele materiale wat sy dikwels gebruik het, uiters breekbaar en fragiel. (Vertaal en effens aangepas uit die amptelike materiaal van die uitstalling Eva Hesse by die Tate Modern in Londen.)
|
|||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |