|
Peter LouwBleeksielOp sestien het ek oor Annemie gefantaseermaar syt met sporthelde verkeer. In matriek het ek my oor Louise verknies want syt bebaarde tweedejaars verkies. Op RAU het ons oor politiek getwis maar toe trou Elsa met n konformis. In daardie ongelyke stryd was my bondgenoot die tyd, geduldige krygsheer wat deur beleg alle weerstand mettertyd verkneg. Nou, ná dertig jaar, is ek nog byna ongeskonde, terwyl hulle, vrees ek, reeds die wonde van my uitmergelingskampanje dra; hulle wat my bewondering kon vra met kort rokkies en lang hare maak nou kennis met die oorgangsjare, het waarskynlik weinig meer te bied as spatare en selluliet maar word nog deur dieselfde swaap op fotos in n jaarboek aangegaap. |
|||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |