|
Elza LorenzWinterforum by WitsJulie 19931 Antjie sê pront sodat ons weet die afrikanerkoei moet sweet haar vuur vlam op, sy vermaan net afkak sal ons nou betaam volksdrol by sy naam genoem is alles waarop ons kan roem 2 Soos aangesê skryf die beminde digter in my/sy bundel: aan een baster- Boeddhis (net so) van n ander Boedd- histiese baster, met oop gemoed en sonbruin hand, in sagte bui die man sonder die groen trui 3 Hy speel sy dodemis, reeds opgeneem en voorberei; skyfies in sepia vervreem van lewe as baba, plaaskind getoë staar die stom getuie in ons oë dekonstrueer Koos se dood en sprakeloos die woord. |
|||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |