PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Millenniumgebed

Leah du Plooy

Here,
laat u gesalfde voete weer ’n keer
op die Olyfberg staan,
want in Bosnië bloei verskeurde maagde verskriklik
baie pikkewyne lê pikswart op die olierige sand
en stik.
In Wall Street word ’n mens se siel
vir dertig sikkels silwer verkoop
en virusse in rekenaars en semen
maak in Afrika en elders
miljoene dood.

In die naam van Allah en van God
word ledemate bloedig
in Milky Lanes, St Elmo’s
en op kruistogte afgeruk
en in Venezuela,
berge modder en slik,
priesters, hoere en babas laat sterf
aan dieselfde donker dood.
My God, my God, waarom het u die mens verlaat? Hoor net hoe die vakuumsuiers slurp
aan miljoene liters fetusbloed
en die reënwoude huil suurtrane,
drup tussen plastiek en rommel
op die verwoeste grond maar,
in Hollywood vanaand
hang goud en diamant
aan superster-ore, swaai blink
aan Oscarwenner-penisse rond;
sterf in Afrika en Indië,
sonder dat enigiemand omgee
nog ’n kind
sonder brood.

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.