PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Anna se vroegaandsoene

Elzabe Kritzinger

haar man soek Anna se vroegaandsoene
hy sluk dit soos granate
in die binnevliese van haar mond
sy ommuur hom met vars skaam soene
haar tongklap sing-sing die opmars van haar Boerebloed

hy wag
langs haar stoel
’n gladdelyf-towenaar
oë soos nuwe swart leer
sy mond weeg
dennepitte en koue dadels
sy liggaam reis elders
sy meng snoekpatee met heuning
stadig versoet in palms van amandel

dieprooi die hartstog van haar blou kombuis
binnekant die middelste segment word suiker verbrand
in haar stroopmond word soene gebêre
soetgekapte warm woorde wat byt
Anna se mond bly ’n speelbal
seepsag gegeur soos jasmyntertjies
haar bakhande hou naeltjie-olie
haar tande is omsingelde bandiete

somtyds slaap sy snags alleen
sy klim in eksotiese warm beddens vol welwillendheid
haar eie voete betoon wederliefde
wit huislinne kalmeer die fyn asemholte
waar seeskulpe haar silwer keel versier
haar man reis met sy hart in ’n druiwekissie
verby swart paaie wag haar mond rooi soos nuwe bloed
so beplan hy sy tuiskoms
so steek hy sy verdienste in Anna se stil mond weg



LitNet: 26 Maart 2004

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.