PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Swart engel


André Kotzé

(Die skepping en die “val” van Lucifer)

’n Oerse flits en skeppingsknal
skiet siedende materie
in die moerse groot heelal
waar niks is wat kan keer nie.

En een klein simpel ronde bol
(witbroodjie van sy God )
wat om ’n enkel son-ster tol,
kringend: kers-en-mot,

begin sy eeue-klokwerk tik
soos ’n gestolde lawa-koeël;
keer die chaos om, rangskik
homself tot orde en doel.

Lig en duisternis en mis,
land en see en lower-plant
steier uit wat leegheid is.
Gestaltes uit ’n misrook-brand

kruip en krap, krioel in slym,
swem en vlieg en klouter,
veg en vreet in modderskuim:
wankelbene, staan-kabouter.

Stadig (vinnig?) evolueer
gediertes uit die stof.
Klippemassas erodeer
en vuurberge ontplof.

En toe dit klaar was, was dit mooi:
aand en môre elke dag,
een skemer en een môrerooi.
Toe knal ’n tweede donderslag:

Êrens woed ’n oer-betoging,
deurklief ’n bliksemstraal die ruim:
die prooi van goddelike ontvoogding
stort neer en laat die aarde skuim.

Uitwerpsel, misgewas van elders,
spartel-wroeg in eie haat;
teenbeeld van ’n ander, helder
skepper van meer goed as kwaad;

sien in hierdie halfgeskeptes,
wesens wat nog evolueer,
nuwe wonings, ongerepte
tuistes vir ’n nuwe heer.

Spartel soos ’n valskerm-springer
uit sy eie tuie, toue,
kom so: selfgenooi, indringer,
tot in simpel, halfgeboude

kwesbare, weerlose wesens
wat kaal en koud rondloop
soos omgekeerde besems,
wellustig, wild en oop;

val verder deur ’n onbewaakte
vel en murg en been;
val deur duisende geslagte
deur duisend eeue heen;

val hy vir ’n tweede slag
soos ’n sagte, ryp lukwart
op komposblare; val hy sag
tot binne in my hart.


terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.