PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Cimetière du Père Lachaise

Angie Kleijn

Banneling met jou blink lewe skielik blote bras,
‘n dowwe puin in Parys, ek het jou grys-grou praalgraf
in Père Lachaise gekry op ‘n vroeë lente motreën-dag.
Vreemde mausoleum vir ‘n man van sy genie ontneem.
Eers jare na jou dood het ‘n Samaritaan-vrou
‘n groot vlieënde Egiptenaar laat oprig bo-op jou.
Oscar Wilde, lei die letters, mag die verworpe
hier rus vind, geborge voel aan die bluspunt
van die lewe in Père Lachaise. Ek het die woorde hurkend
gelees en op liphoogte soenmerke op die sement gekry,
hordes daarvan onder die Egiptiese reus se lies;
absurd in vlug gevries bo-op ‘n banneling.
Ek het vier ure lank verdwaal tot by jou graf,
vreemdeling wat sonder kaart soek van Delacroix tot Chopin,
Gaspard Monge, Modigliani en Edith Piaf
met die motreën-son soos ‘n mal oogbal in die lug
mausoleums met yster-deure, stom van gewig,
en orals groen-blaar skaduwees op graniet,
beelde wat op-staar, vlerke sonder vlees hemel toe gerig
in ‘n motreën wat aanhou fluister.
Meer as 300 000 dooies en al Jim Morrison se ruikers
op ‘n gebreekte graf wat toeriste stuk-stuk wegdra soos drugs.
Kruise, krulle, knoppe en koper, en ‘n mantel-man op die gras
- soos Johannes die Doper - verbrons nes hy dood neergeval het
met skoene en klere, een testikel blink gevat
want na bewering is dit vir die vatter genesend.
Torings en trappe en trone onder lanings oer-ou bome, groen mos
op die grys kobbelklippe langs Gertrude Stein, Marcel Proust.
Relings en arenas en rose in Franse rues van nerf-af rou.
‘n Dorpie waar al die inwoners uitspattig sterf,
netjies gemerk gaan lê sodat ons kan onthou,
hulle weer kan kry in Père Lachaise.



LitNet: 4 April 2006

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.