PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Weerspieëling

Angie Kleijn

Ek het jou van ver af oor die water
sien glimmer, dae lank ‘n glans, jou pater
familias verdubbel in die Adriatiese see
met ‘n Engelsman se veer as lans,
jou Merchant of Venice uit my oog probeer vee.
Armgat, het ons op Camping Fusina gebly,
‘n taxi-boot weg van Venesië het ons vaporetto gery,
heen en weer, slap-dash saam met Shakespeare,
trailer park trash voor Tinteretto,
in St Mark’s square se kafees,
tussen duisende duiwe met seer Italiaanse huiswyn
en ‘n son wat seelangs dryf-dryf skyn.
Horing van oorvloed,
gedip in ‘n koopvaartkruiser se bloed,
drywende museum met pilare en fonteine
en ‘n vet Cupid-been, venster-wasem
en Pernod in ‘n onwêreldse kroeg
voor drakekoppe en sement-leeus wat water spoeg
op die weerkaatsing van ‘n hotelkamer
waarin ou eeue hulself soos Quasimodo voortsleep.
Op ‘n gondola, ‘n blinkswart strikdas-Italianer
met ‘n lang stok wat hy bodem-langs steek,
sit ons slukkend aan sjampanje in polistireen bekers,
vies, asof ons in kammaland verneuk is.
’n Asmapomp dryf verby soos ‘n seisoenale vrug,
opdrifsels, water van Venesië se toerisme-rug.
Jou valse fasade van toerisme bravade
jou masker en mantel het my soos ‘n munt laat kantel.
Ek het gatkant bo geland. Skemeraand vaar ons terug
na ons kampplek se piepie-storte vol lagoon-sand
en die westekantse lug is ‘n poskaart van sonsak-storm-mooi,
valwind-karnaval, golwe hoër as ‘n mens breek oranje-rooi
op die dek, hare nat slierte staan ek half mal
sonder seesiek, stuurloos voor ‘n sierskrif see,
storm-sonsak wreed deur wydsbeen wolke ontbloot.
Ek is gereed. Waar is jou angel, my Dood?



LitNet: 4 April 2006

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.