PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Blikaspaai

Angie Kleijn

Blikaspaai, blikaspaai,
ek het jou kleinkindertjie-knipmes geërf
uit jou dreskaslaai
en vanaand krap ek die vernis, die verf
af van die ou vrou wat jy geword het,
verskonend en half doof
met jou Springbokradio-stories en suur koos
onder die bed.
Vanaand kerf ek die jare weg in repies.
Ouma, vanaand vleg ek klein wit strepies
van jou vetkoekdeeg soos Raponsel se hare
waarteen ek afklim met die jare.

Ek lees jou jongmeisie-handskrif op 'n kiekie
'n Paartie, 'n piekniek, hand in die sy beduie jy
met 'n ellelange sigaret, lang string krale
oor die 1920's rok wat jy aan het, grênd vasryg-sandale.

Blikaspaai, blikaspaai,
ek deps die dregs van my ouma se dreskaslaai.
Knipmes, kraletjies en knope, 'n kruller of twee.
Blinkertjies, blikkies, 'n bolletjie wol,
hierdie is die goetertjies wat jou aan my gee
en ek stop my hart prop-propvol daarmee.

Op jou dag was jy die jong Lillie,
Met 'n page-boy cut en 'n mond wat lag.
Toe word jy ou tant Lalie met 'n hiekelpen wat beef,
Ou vrou in pantoffels wat voor die tievie wag.
Ek en jy, ons het mekaar misgeleef.

Blikaspaai, blikaspaai,
ek het jou kleinkindertjie-knipmes geërf
uit jou dreskaslaai en vanaand krap ek die vernis, die verf
af van die ou vrou wat jy geword het.
Vanaand kerf ek elke traan uit
wat ou tant Lalie gestort het
en bietjie vir bietjie maak ek haar weer
die jong Lillie op die kiekie.

En ek en Lillie dans teen die aandwind in,
ongebruik, nog 'n kans, nuut, blye begin.
Blikaspaai, blikaspaai, ons dans dwarsdeur die dreskaslaai.



LitNet: 31 Augustus 2005

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.