|
Ingrid Jonker-prys aan Zandra BezuidenhoutEen van ons PoësieNet-digters is pas in kennis gestel dat die Ingrid Jonker-prys vir debuutwerk vir die tydperk 1999-2000 aan haar toegeken is. Sy is die Stellenbosse digter Zandra Bezuidenhout, wie se debuutbundel Dansmusieke in 2000 by Suider Kollege Uitgewers verskyn het. Die beoordelaars was die digters Ronel de Goede en MM Walters en hul besluit was eenparig. Hulle maak melding van die afgerondheid van Bezuidenhout se verse en die netjiese strukturering van die bundel. Dit is n debuutbundel wat getuig van rypheid, belesenheid en n ondersoekende gees, meen hulle. Van die gedigte uit Dansmusieke is opgeneem in Groot Verseboek 2000 en die Nederlandse Tegen beter weten. Verse in vertaling verskyn later vanjaar in die Vlaamse tydskrif Deus ex Machina. Bezuidenhout het aan die Hoërskool Hottentots-Holland gematrikuleer en aan die US gestudeer, waar sy tans werk aan n proefskrif oor eietydse vrouedigters in die Afrikaanse en Nederlandse taalgebiede. Sy is n vryskut-taalpraktisyn. |
|||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |