  | 
		  | 
	 
	
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		  | 
	 
	
	
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
	
	
		  | 
		  | 
		  | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
	
	
		  | 
		  | 
		  | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
		
		  | 
		  | 
		  | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
	
	
		  | 
		  | 
		  | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		  | 
	 
	
		  | 
		  | 
		  | 
		 | 
		  | 
	 
	
	
		  | 
		  | 
	 
	
		  | 
		
			
				
					| LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. | 
				 
			 
		 | 
	 
 
 | 
		  | 
		
		
			 
 
 
 
Goeie Vrydag
Neels Jackson
(i)
 Vyf dae tevore, op die Sondag, het Hy 
triomfantelik die stad ingery 
op n donkie se rug. n Groot skare 
het Hom verwelkom, met palmblare 
sy pad uitgelê en geroep: Loof Hom 
wat in die naam van die Here kom!  
En: Prys die seun van Dawid!   met n dors 
na n nuwe ryk met n nuwe vors.  
Maar Jesus, wat weet wat in elke hart skuil,  
het niks gesê nie, net saggies gehuil.
 (ii)
 Die Donderdagaand, ná hul laaste ete,  
is Hy na die tuin toe met die wete 
van wat wag. En die Seun van God was bang,  
want Hy was ook mens. Daarom het Hy verlang 
dat Petrus en nog twee by Hom moes bly 
terwyl Hy bid.  Maar Hy sou alléén ly.  
Dié wat deur dik en dun by Hom sou staan,  
was te vaak. Alléén sou hy daarvandaan,  
het hy geweet in bloed en sweet, moes drink 
aan die bitter beker wat God sou skink.
 (iii)
 Drie jaar lank was Judas saam met Hom.  
Drie jaar lank het Judas saam gekom 
en gegaan, was hy teenwoordig gewees 
as Jesus n blinde of lamme genees,  
vir die hongeres sorg, omgee vir mense 
buite fatsoenlikheid se netjiese grense.  
Judas se liefde ken ons almal goed:  
die mooi glimlag, die skynheilige groet.  
Dié aand het hy dit vriendelik gedoen,  
maar soms sit daar selfs moord in n soen.
 (iv)
 Toe hulle Jesus gryp, wou Petrus held 
speel, en die Vors van Vrede met geweld 
verdedig. Maar Jesus het Nee gesê.  
Hy wou n ander dissipelskap hê 
van Petrus, die Rots, want dit was hý 
wat verklaar het: Ek sal altyd by u bly.  
Maar dié nag (soos soveel vandag nog maak,  
deur hul dade, as dinge ongemaklik raak)  
het dieselfde Petrus, die Rots, drié 
keer gesê: Ek pas nié by Jesus nié.
 (v)
 Pilatus, die goewerneur, wou billik wees,  
maar die skare het geskreeu: Kruisig Hom!  
Hy wou n uitspraak van onskuldig lees,  
maar die skare het gedreun: Kruisig Hom!  
Sou hul keuse Jesus, bo die rower wees?  
Nee, die skare het gegil: Kruisig Hom!  
Later het hy hul woede gevrees,  
want hul haat het dit gebrul : Kruisig Hom!  
Toet Pilatus sy hande afgespoel 
in die hoop dat hy sou beter voel.
 (vi)
 Dit was die bespotlikste van konings,  
die purper mantel, die kroon van dorings.  
En as die Koning dors is, kry hy wyn:  
Vonkelwit? Donkerrooi? Nee, liefs asyn!  
Vir ure het die groot spot aangegaan:  
Toe, U Hoogheid, wie het jou nou geslaan?  
Die gesel het gespeel oor sy rug, sy lyf 
was rooi van bloed. Op die koppie dryf 
hulle spykers deur sy polse. n Skouspel was 
dit vir dié wat roep: Red nou jou eie bas!
 (vii)
 Aan n kruis roep n Man hard na sy Pa 
en sug vir laas. Water en bloed dra 
die boodskap van sy dood. Die aarde beef 
en grafte beur oop. Dooies wat leef 
verskyn oral. In die tempel skeur 
die voorhangsel oor wat buite gebeur.
Die son het ophou skyn. Dit is twaalfuur  
middag   maar die duister, n roukleed, duur 
tot drie. Die skepping rou en n groot 
stilte beaam: Die Seun van God is dood.
 terug    /     boontoe
		  |