|
Daniel HugoKomposisieVir die Du PlessissPhil, jou naamgenoot het lank terug gesê: die liefde neem n duisend vorme aan. En wat ons oë vandag gade-slaan wys hy het geweet waar die waarheid lê beter as sielkundiges en artse wat hul werk as n wetenskap beskou en vergeet: eenling is die mens gebore immer op soek na n maat, na n vrou. Phil, Katrien, jul is vir mekaar beskore soos wat n strykstok hunker na n snaar. Dus sê ons, julle vriende, van harte: bly altyd so harmonieus n paar. (Naspel) Vir n sonate is dié stuk te kort; sopas het dit wel n sonnet geword. 27 Augustus 1999 |
|||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |