|
Bonaventure HinwoodErfenisgoedgeïntegreerd en rustig lê die wurm op sy klam kol grond uit sy vlekkige skede trek die gevalle engel sy jagmes uit sny hom middeldeur en spuit gal deur sy angel albei wriemelende stukke in oopmond hap die kopend na sy maat se roupienk vlees wat ewe bitsig klap met sy stertpunt teen sy wond wrokkig span elkeen sy kragte in om slinks die kwesplek te kwets grynslaggend kyk die engel die herhalende skouspel aan |
|||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |