|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |
|
|
|
Sara
Joan Hambidge
Ons bediende was deel van ons huis se roetine.
Al eet Sara uit 'n blikbord met 'n gebuigde lepel,
moes ons haar met respek behandel. In haar kamertjie
staan haar wankelrige enkelbed op hoë bakstene
("om die tokkelossie weg te hou, Nonnatjie");
teen die muur 'n foto van 'n swart man uit Bona.
Smiddae wanneer sy klaar gewerk het vir byna niks,
kyk ek verwonderd toe hoe sy haar hare uitkam:
vir vanaand se jive in die lokasie naby Silverton.
Sy was haarself met Lifebuoy uit 'n klein skotteltjie
en gebruik koerantpapier by haar oop toilet.
Oor die klein radio'tjie hoor ek die penniefluit
en saans wanneer Ma-hulle uitgaan, haar groot-groot lag.
Op daardie keer toe Ma-hulle weg was om huis te soek
en ek en AnderSus sien hoe 'n kind in 'n ongeluk sterf,
hou Sara, ons Mama, my die hele nag teen haar bors vas
("Tula, Baba, Tula Tula Baba, Tula Baba, Tula Tula Baba")
in my eerste kennismaking met die dood se reuk en klank.
LitNet: 23 Julie 2004
terug / boontoe
|
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
|