PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Concordia Discors

Joan Hambidge

When one is young everything is physical;
when one is old everything is psychic.

Wallace Stevens: “Adagia”

Toe ek jou leer liefkry het,
het ons mekaar nie bewimpel met woorde,
nee, eerder die liefde haar loop laat neem
in beloftes van altyd, vir ewig.
Jou lyf het myne geword,
myne joune. ’n Hele dag in ’n sorgelose
liefdesbed. Die reuk van jou vel, die kleur
van jou oë, die sagte aanraking van jou hand:
my volledige toeverlaat.

Toe begin ek met woorde reis
in gedigte. Ek verlaat saans die hawe
van jou huis, vaar oor verbeelde oseane
na Ithaka: Odusseus trotseer vele gevare.
Jy word Penelope, onrustig, wagtend.
Jy vermoed iets staan tussen ons. ’n Ander?
In die nag karteer ek die reise
tussen Scylla en Karybdis. Ons liefdesbed
’n ruimte van onsekerheid, onrus.

En dan?

Verlaat ek jou. Onverwags. In verligting
en verdriet. Op ’n soloreis en jy, Penelope,
lees die verse wat aanfladder soos soldate,
die aantygings van ’n misgeloopte verbintenis.
Ek vaar terug na jou met skeurbuik van verlange,
terug na ’n verhouding-per-afspraak.

Ons bewimpel mekaar nie meer met woorde
nie, maar verwyte, verwagtings. Ek dros weer:
ons bed slaan aan die brand in passieloosheid.
Ander het jou in afwesigheid die hof gemaak.
Vele woordbedelaars was voor jou deur.
Ook Telemachus was daar. Terwyl ek vaar
oor ’n woeste see van verlang, onthou, terugkeer.

En nou speel Odusseus vir Penelope
op ’n woordharp musiek. En sy?
Sy luister nie meer nie, sy draai haar rug
op die eentonige melodie, op die astrale reis
in drome, herinneringe en ander ontasbaarhede.



LitNet: 06 Mei 2004

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.