|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |
|
|
|
My reistasse
Joan Hambidge
My eerste reistassie
op ouderdom vyf
het ek elke dag saamgedra.
Vreemd genoeg, nooit weggeloop
met hierdie boksbruin tassie.
Daarin was toebroodjies, n pen
en een van my pa se boeke,
nogal n roman van Graham Greene.
Later sou ek lees hoe hy vertel
dat die jong kind alreeds sy lot kan aanvoel
en op die banke van die Oranjerivier
- kwalik ses -
wou ek my susters op n wintersdag
teen die verbeelde vloed beskerm.
Later sou ek ver reis.
Van my ouerhuis met n bloedrooi stel vinieltasse
op die Trans-Karoo. Die vanity case, eerste oorbodig,
soos n hoededoos. My klere gemakliker en losser.
En die reistasse sou vir n universiteitsvakansie vele boeke
vir n somer op die Hoëveld borg.
n Leertas in Griekeland,
n ekstra sak in Amsterdam wat ruik na jenewer,
n gekleurde Benetton (geskenk van n minnares),
n duur state of the art-tas wat n ander een abba
sou oor verre oseane, gebergtes met my reis.
In Egipte sou ek woedend aanskou
hoe n werker my leertas in rooisand neersmyt;
of onthuts besef iemand het n kamera uit my sak geskaai.
Nooit n tas verloor
of toegelaat dat iemand vir my
tas dra. Dikwels weggereis
om iemand uit my hart te weer.
Op die sjinkansen met die abba-tas
op die rug van Tokio na Kyoto na Osaka.
Deur Suid-Amerika
met n nylonsak. Koop na vyf weke
splinternuwe klere in Rio de Janeiro.
In elke tas of sak
n potlood en notaboek
vir die neerpen van n verdraaide raaisel.
Oor hierdie geslote baan
veelvuldig gedig.
Travelling light my motto
al was die hart hoe swaar. Soveel hemde,
broeke pas netjies presies in die tas se lyf:
amper nes n mens se bont binnegoed.
Vreemd ook, geen tas ooit weggegooi
al is dit hoe verslete
want daardie tas is soos n dagboek,
n memento,
n opgaarder van al my drome,
n argief van helder herinneringe:
soos die geheime onbewuste.
terug / boontoe
|
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
|