PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Aljander aljander so deur die bos

Joan Hambidge

Ek onthou die presiese oomblik
toe hierdie proses
my besoek het. Wag.
Eerder toe
iets in my oopgemaak het
soos ’n hek in ’n begraafplaas
met ou stene vol mos en ligene.
Jy ontvang dit, jy soek nie daarna
soos Neruda getuig,
op ’n dag wat die aarde oopmaak,
die wolke oor die aarde soos ’n Oordeelsdag
vir een klein moment stilstaan,
die oseaan langer as gewoonlik vloed,
kom dit na jou. Soos ’n boodskap.
Jy sien die mos teen die mure
en ruik die gom van sipresse.
Jy vrees nooit weer die dood nie
of is bang vir die donker nie.
Jy is altyd laat vir etes
en verbuigings, modelle en formules
hou jou net weg van daardie ou kliptafels
in die vervalle begraafplaas met name van bekendes.
Jy weet dat Maria nie ouer as ses
geword het nie en dat Freek (so help my God)
se vrou en kinders hom nooit verlaat
het nie, al is hy voortydig weg. En Bybie?
Was die Here haar nie genadig nie!
Die dooie blomme op ’n verslonste graf
verraai meer as die grafskrif
in liefde en genade opgerig.
Dis die Kainsmerk,
die vloek van heldersiendheid,
die twee keer beleef,
die dieper kyk na woorde
wat heilige betekenisse dra.
Dit was ’n gedig oor eensaamheid
op ouderdom vyftien
en na vele reise, liefdes, wetes
keer ons altyd terug
na daardie eerste, primordiale vers:
“Die verlange passer vannag in my.”

So het dit alles begin. Presies net so.


terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.