PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Jy het nie in my koue klere gaan sit nie

Joan Hambidge

In elke droom oor jou
keer ek terug
na jou huis. Maak my klerekas
oop in jou slaapkamer
begin pak aan my agtergeblewe kledingstukke.

Of die klere is soek,
of daar hang nuwe klere in die kas,
of ek sukkel om dit alles in ’n tas gepak
te kry. In een droom verpas
ek selfs ’n trein. Peul die klere
soos herinneringe uit my tas.

Het jy jou sleutels gekry?
Versend per geregistreerde pos:
RD 240 372 283 ZA.
In ’n volgende droom staan ek naak
en iemand stap binne sonder om te klop.

In ’n volgende droom is daar ’n skare
herkenbaar as jou familie wat woordeloos
soos in ’n Fellini-film toekyk. Weer en weer.
Terug na die toneel afgesper: Scene of crime.
Do not enter.

In ’n volgende droom is die kas verskuif.
Hang daar vreemde, outydse klere in,
soos kostuums vir ’n duur bal. Miskien
jou moeder s’n? ’n Besoeker?

Dan begin almal praat. Oor die verskille.
Die redes vir die breuk. Die soeke na stilte.
Die skending van privaatheid. Alleenheid
versus gemeensaamheid. Ook hierdie gedig
sal as bewysstuk kan dien.

Ons dra swaar aan ons paradokse. Soekend na stilte,
dog skrywend na buite (die digter). Behorende
tot kinders, familie, dog hiper-privaat (die geliefde).
En my kamerjas? Hang dit steeds in die getuiebank?

Daardie kamerjas, daardie kamerjas
waarin jy selfs eenkeer slaap,
dra steeds die ‘mana’ van my lyf,
word onwetend die simbool van ons.

Sou jy dit wou behou?

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.