|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |
|
|
|
By nabaat
Joan Hambidge
Ons verhouding het per e-pos
begin
en sal per e-pos eindig.
In die begin is die einde.
Daagliks stuur ek steeds e-posse.
Nie meer om ons liefde te bestendig
of liefde te verklaar nie.
Maar eerder om te kla oor verlore sokkies,
onderklere. Oor n familiebesoek
(nogeens) en my private ruimte
wat ver in die verskiet lê.
In stilte hoor ek jou verwyte
oor n skadulewe wat ek ly
sonder jou; oor my woede
en opstand teen voorskrif
en struktuur; hoe ver
die binne-mens van die open-
bare persona lyk.
Ek sê niks. Doen niks.
Ek speel Gandhi-Gandhi.
Hoe durf jy ons liefde
in gedigte laat uitlek?
Doen niks. Sê niks.
Theres a kind of hush
sing die radio saam.
Jy verlaat die tafel. Ek stook
n vuur in die herd. Met die hulp
van Blitz en wrewel. Tob
oor my lewe voor erbarming
en begrip my woordeskat
binnegesluip het. Lees ou gedigte
en ontdek die vloek van n ongelukkige jeug,
soos n ongeneeslike siekte,
n onbegaanbare pad. n On-
woord. n Gedig is n verlore klank,
n geskaaide beeld. n Onding.
Dit het n lewe van haar eie.
Soos n nagmerrie sonder klank
(aldus Allen Tate) wat voorspel, waarsku
en uitskommel soos dobbelstene. Dit grif
jou en die geliefde. Maak daarvan meer
as n optelsom of n noukeurig ingevulde taksvorm.
Hoe sou die lewe sonder somme of sukses lyk?
Of die gewonde kind wat drie, vier dekades later
steeds met n passer in n skoolbank grif:
sodat logaritmes en formules vergaan.
Later die aand kruip jy agter
my koue rug in. Om drie vm
verlaat ek ons bed
en skryf hierdie vers
en sms vir Johann de Lange:
Time is the school in which we learn.
Time is the fire in which we burn.
Delmore Schwartz.
Jy hoor my nie meer nie.
Jy lees my ook nie.
Jou vinger sal by voorbaat
die delete-knoppie druk.
terug / boontoe
|
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
|