PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Hiroshima mon amour

Joan Hambidge

Vroeër kon ek op ’n reis na ’n verre land
in vele verse uitbloei soos ’n kersieboord in Kyoto:
rooi swoel vrugte in oordaad.

Verloor egter my pen in Hiroshima
boonop ’n silwer een met my naam daarop gegraveer
iewers tussen 5 of 6 nm, ek meen, op die 17e Januarie
in die Vredepark. My naam, my naam is soek …

Elke jaar op 6 Augustus
sien begenadigdes dooies astraal ronddwaal.
Ruïnes staangemaak deur herinnering kom tot lewe.
Alles word soos dit was; asof ’n goddelike herspeel-knoppie gedruk.
Dan raas die fietsie van Shinichi Tetsutani deur die tuin en jy sien
Sadaki Sasaki vlieërs bou. Alle glasskerwe word skrynende ligte en      ‘n
foto van beton ’n lewende man. Alle swelsels sak soos mis voor ‘n
hoopvolle son. Vliegtuie is weer net vervoermiddele en uraan ’n      blote
simbool op die chemietabel.

Alle verlore penne kry dan lewe
in eensgesindheid grif hulle in onuitwisbare ink hierdie woorde:
laat ons nooit, maar nooit vergeet
dat ’n eenmalige negatiewe daad
blywend, meervuldig, letsels dra.

O Hiroshima, geliefde stad
vir jou moes ek my pen verloor.
O Hiroshima, geskryfde stad
in jou is vele lewens graveer.

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.