PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Memorial Day: New York 25.5.2000

Joan Hambidge

Gedenk die einde van die oorlog
want dit gee lewe aan die poësie!
New York self is ’n grootse gedig
vol teenstrydighede soos dat ’n bestemming op Wes
iets anders beteken as dieselfde adres Oos;
dat die gedig sy uitskot in Soho en Bowery
uitwerp as oortollig, onnodig, onaansienlik;
boonop dat die subway die onbewuste, nooit-
gesêde is — soos ’n gedig spreek dit aan
wat onherstelbaar of verganklik is;
dat iewers in al hierdie teenstrydige tekens
is daar ’n rusplek soos Central Park;
die kern of hart van die gedig (ek sal jou nooit
vergeef of kan vergeet); dit begin
met ’n opslag- of toevalsreël soos “’n Stad besluit
oor die roete vir ’n reisiger.” Die ritme
soos ’n jazz-weergawe van “Start spreading
the news” bedui dat die digter die eerste
weergawe moet ken. Dan die metrum en die wete
dat ’n grootse gedig hom nie eenvoudig laat skandeer.
Dit dra immers die hele wêreld in die palm
van sy hand. Teen die NY skyline
sy tuimelende tweeling-torings.
’n Vloed van indrukke oorval
die digter. Soek na ’n holte vir die voet.
In die Hotel Prosody grendel die digter
haar onbewuste teen ’n gedig
wat broei uit bloedsweet.


Geskryf 25.5.2000

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.