PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Joan Hambidge het die tweede prys verower in die Poetry Institute of Africa se digkunswedstryd vir haar gedig “’n Gedig plagiariseer die werklikheid”.

’n Gedig plagiariseer die werklikheid

Joan Hambidge

In Indië word die linkerhand
gebruik om die afvalskotjies mee op te vang;
hierom groet of eet mens nooit met hierdie hand.
Vir ’n gedig hou die digter ook die hand uit
(biesie biesie bame, vou die handjies same)
vir ’n digterlike inval. Dit begin met ’n melodie
soos Frank Sinatra wat kweel in ’n ou skoenwinkel
“It’s raining pennies from heaven” (dit was gister,
helaas) plus die milieu (verkieslik vreemd: Cambridge, Mass.
met die aanbreek van die ontglippende lente) en ’n getob
oor presies wat het in T.S. Eliot se melancholiese gemoed
gebeur met “April is the cruellest month  ...”. Nog is het einde
niet. Soos daardie kakvangertjie in Indië is die digter
insgelyks bewus van uitskot. Alvorens die vers lewe kry,
stol alle liggaamsfunksies. Selfs ’n angsaanval knyp
die keel. Sê nou net die vers is kriptomnesia? Of afgekyk?
Hoeveel erkenning? Word ’n voetnoot na die kindergebedjie,
Frank Sinatra of T.S. Eliot behoef? Is boetedoening nodig
soos Here vergeef haar, want sy weet nie wat sy uitskyt nie;
en boonop is sy nie meer die mens wat sy was nie.
Of is dit gewoon genoeg om te sê, soos die wyse ou Salomo van ouds:
daar is inderdaad niks nuuts onder die digterlike son nie!

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.