PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Blommetjie gedenk aan jou

Joan Hambidge

Sy drink haar oggendkoffie, rook ’n sigaret.
’n Rusie smeul. Die oggendverkeer kondig
via toetergeluide ’n drama aan.
Hoekom moet ek aan hierdie kant van ons bed
slaap? Waarom mag ek nie jou wasgoed
was? Hoekom is jou boeke ordeloos
op hopies neergeplak? Hoekom skif
die brood in jou yskas? Waarom is daar muf
op die kaas? En geen vars vrugte in jou huis?

Hoe antwoord ’n mens op hierdie vrae?

Ek verwys u graag, liewe leser, na ’n vers.
Die digter stofsuig iets uit haar gedagtes.
In die verte dwarrel ’n laken in Napels ...
Geskifte brood of muf op kos
raak alles deel van die meditasieproses ...

Ook sy, geliefde vrou, bevind haar
op die A-vier-ruimte van my bed.
Soms word sy ’n lang ballade. Ander kere
’n sonnet of ’n uitgerekte distigon ...
Vanoggend sukkel ek om haar ingeperk
te kry in die strofes van my huis ...

Dus probeer ek weer:

Lank na my muse se vertrek,
bly ek met ’n Rowenta-stofsuier in die hand
na te dink oor ’n oggendgesprek.

Oor wasgoed stry sy en ek,
terwyl ek self wil orden na my hand
en sy wil uithelp in my plek.

Genoeg. Genoeg. Met die stofsuier suig ek
ons belaglike misverstand op (onthou: geen vers word verpand)
en môre spring daar nog ’n vers uit sy plek!

P.S.

Die gedig is fiksie —
die digter geen huisvrou
nog minder ’n rusie smeulend!

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.