PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Joan Hambidge

Skryfode

Oor die misverstane word
Is daar nooit weer ’n gedig te skryf nie.

I

Dit begin met die wekker
Wat te vroeg lui
Die Katolieke nonne se gebede
En die oggendverkeer wat steur
En die koerant wat vir die hoeveelste-soveelste keer
Die nuus van ’n brutale moord dra.

Hoe brutaal het woorde nie tussen ons
Geword nie. Ons dra almal in hierdie land verwyt op die mou.
Oor ons almal hang ’n skadu van treurigheid,
Van swaarkry. Almal ken ’n iemand van ’n iemand van ’n iemand
Wat moord oor sy voorhek sien kom het soos ’n opskepgas.

Daar is geen woord so woes of leeg
Soos die digterswoord. Die digtende woord wat hierdie tristesse
Moet uitblaker. Kyk, ek kan nie meer sonnette oor die liefde
Of eensaamheid maak nie. Elke rymende aa-, bb-kwatryn oor breekbare borde
Klink so bourgeois — soos ’n Boergondiese restaurant
In die hart van my stad.

II

Ek reis oor die rymende Franse gebergtes
Waar die stilte antwoord gee. Die stilte
Van skryf. Vroeër had ek meer krag, my lief.
Kon ek ’n vers gaan haal soos ’n diepseeduiker
In die Filippyne, ’n bunji-jumper by die Grand Canyon
Of ’n pêrelvisser in Japan.
Toe kon ek doof word van ’n gedig se woordelose asemhaal,
My verlustig aan die ryme se opstand, die ritmes se sloerstakings
Soos opstandige werkers. Ek kon woorde maak
En veral breek. In Amsterdam lui ’n kerkklok
Die afskeid aan ’n vroeëre verbintenis wat ek tydsaam, wanhopig
In breekbare verse kon stulp.

III

Vandag treur ek oor jou en my. Oor ons liefde
Ons nie beskerm teen hierdie geweld van woorde nie.
Dat die groter onrus ook ons aanval.
Laat ons altyd ons woorde een vir een omdraai
Soos ’n suinige penningmeester die kerk se kollekte tel,
Of ’n hees kerkklok op die platteland
Wat op ’n Sondagaand almal terugroep.

IV

Vir jou sal ek net altyd ’n sagte vers skryf.
So sag soos ’n vlerk van ’n fladderende vlinder.
Oopgevou, soos ’n digter iewers skryf, met ’n boodskap
Van hoop.

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.