|
Des FourieOormaatskaam proesel van jou oorryp someroes beloof veel meer as die inkeer van herfs of selfs te mag oorwinter kaal voor die kaggel van jou oneindigheid se ver oë beethoven ruik na bitter sweet transponeer shostakowitz laer op n bekrapte noteskaal waarskuwende spiraal van ontroeteling dwarrel soos blare dat ek jou hakkel omdop in my keel, beweer die laagste bas dreun sooi vir sooi langs my ontydige graf dus, berese en musikale lover, moet jy objektief sonder das met slegs cut-off jeans aan jou apollolyf van vondel eers vergeet al wou ek jou nog bekendstel aan die slaaploosheid van morfeus se ooglede lees dus my lewe as psalm voor vir omstanders, onwelkomes en aasvoëls wat oordadig vreet aan koekies, tee en geperkoleerde koffie n doodsberig in die oggendkoerant |
|||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |