|
Des Fourieop n dun wysieek hoor van sontongan monument vir hom in Afrika? van wie mense amper vergeet kennie die mannie maar ek sing hom suid van die sahara ek sing in die koudste nag neurie note wanner ek sukkel pompie primus met ssssss ommie kinners se maag vol te maak lê n vraagteken in my slaap assie maan opkom oor my oes bid ek al praat my tong Afrika ver van oorkant se wysheid wat nou eers vrede soek? smaak ek franse kos? ek leer ma stadig aan voortbestaan van cash in die hand, want lobola is die voortbestaan vir Afrika julle voorgeslagte in tempels toe nou tombes vier geraamtes my siel rus op die vet van kookvure geure wat lug toe skeur here, kroon my baas sontonga sing aaneen, ek? moet eet om te sing help my deur jou swaelvuur om die sonkant van Afrika in my siel te vind nogmaals |
|||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |