|
Therese Fenshamthirtysomething in afrikakyk na die vrou haar hande wat vee en voetevol benerige stem as sy praat en praat sonder meisievrees oor jung en karenin se hel sing, sing vir haar ngoma sy wat dalk jou kind wil dra sy wat met haar dertig krale om jou tontelvuur wil dans kyk na die vrou haar hare wat sluier en skadu oor n volblinkbors as die soet knopmondjie soek en vat waar woorde weg wil syfer sing, sing vir haar ngoma sy wat nou jou kind vashou sy wat self nou sing, sag sing vir die pikanien, haar pikanien ons vee is in die kraal |
|||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |