|
Therese Fenshamvir koos kombuis (my ex) noudat ons getroud is maar nie met mekaar nielekker om nie meer weird te wees nielekker met die wasmasjien, die grassnyer die huis in die suburbs, die aftreepolis lekker vir die small town girl met niks meer om te bewys nie lekker met die rustige, ronde man, die blinkkopkinders lekker sonder drank, zol of onnutsige hangovers lekker om gedigte op fynbesnaarde papier te skryf in plaas van toiletrolle lekker om nie meer bolvuiste teen society te maak nie lekker om nie meer te wil struggle nie lekker om weer huppelkind en huisgenoot te lees, te bid by die tafel lekker om te weet wat die rugby score is, te praat oor koliekmiddels te worry oor die beste skole lekker met die ingroeitoonnaels, beblomde sweetpak die afgestofde kinderbybel lekker met die basaarkoek, reflexologist, die pienk gordyne wat match lekker om nie meer weird te wees nie lekker om nie meer kwaad te wees nie lekker om nou amper nes Ma te wees |
|||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |