PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



verdrag voor die slag (danskraal, 9 desember 1838)

Kobus Faasen

“vanweë die gebrek aan primêre bronne kon die teenstrydighede in bestaande oorleweringe nie versoen word nie” — gdj duvenage se verklaring vir die verskillende rekonstruksies van sarel celliers se “gelofte”, soos weergegee deur hofstede, lion-cachet en gerdener onderskeidelik (die groot trek, deel 3).

“my medestryders en landgenote,
hier staan ons nou,
ons kan nie anders nie,
voor die God van hemel en aarde
om ’n sakrament te maak
die noodsaak vir triomf só bepleit,
dat, indien ons woorde weerklank vind,
God ons gebed opreg verstaan,
nie holle woorde, maar ’n kreet,
uit nood, ons’t reeds Retief verloor,
so God, as u ons hoor:
ons móét Dingaan verslaan,
die piekniek is nou verby,
ons recce’s het hot ’n haar gesoek,
maar die traktaat kon hul nie kry,
dit belemmer dus ons strategie, plan
B sal nou in werking tree:

as U ons lei, o Heer,
met U Vaderhand sal rig,
God, so ver van ons moederland,
U ons sal verlos van die vyand
se totale aanslag, so boos,
Meester, sal ons die oorwinningsdag
toewy aan u lof en eer,
soos dit pas en hoort,
die dag voortaan onthou -
ons volk deur gebed gered,
ook ’n kerk moet bou,
in Afrikanaän,
op oorwinningsgrond,
so hou ons die geloof,
die gedagtenis gesond,
dat ons kinders ook moet leer
om die dag saam met ons te eer

en ons gee nou geleentheid
vir beswaardes van gewete,
ongelowiges en lafaards ook
filantrope en kaffernaiers
om hulself te verskoon,
nie die Gelofte saam af te lê,
geen deel aan godsvrug
heiligverbond hier te hê

kom ons hef nou ons hande
soos Moses en bid
om hierdie sakrament te seël
met die Ngonyama, vors van vorste,
heil Sy Majesteit!
voor die troon van Sy genade
geestelik weerbaar te word
vir die stryd wat voorlê
strategies ons wenbeleid
te begin ontvou
ons vegplan vas te vestig
op God se goedertrou”

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.