PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



“wis uit die weerstand”

goewerneur w.a. v.d. stel se bevel aan buiteposbeamptes om khoisan uit te moor, 26 mei 1701

Kobus Faasen

“die politieke raad dra kennis,
intelligensiebronne gee dit deur,
van aanvalle op ons grens
deur vreemde hotnots geloods,
hul identiteit nog onbekend,
ons sal hulle nog naam moet gee,
dié kwajongens, terroriste,
anderkant die bergrivier,
in die tulbaghvallei,
gaan gewapend te werk, moor,
val selfs die buiteposte aan,
moedswillig, dom-astrant,
beroof talle vryburgers van hul vee,
gee voor hul veg vir vryheid
ons ag dit as onverdraaglik,
moet hierdie vyandighede stuit,
betyds in die kiem smoor,
hul nie die oorhand laat kry,
misdaad hok slaan
in die gebied deur ons verower
wet en orde herwin
vir die vryburgerveeboere

elke pos kry nou ’n peloton,
goed gewapen en berede,
om hierdie vreemde kwaaddoeners,
enige hotnotstam of -ras,
kaapse en gonna’s uitgesluit,
te vang, hierheen te bring
om in die kasteel se martelkamer
les op te sê, vir ons te ‘sing’
waar die vyand verby die buiteposte
sluip om ons aan te val,
die kompanjiesvee te roof,
word onmiddellik alarm gemaak,
alle weerbares opgeroep
vir ’n berede hakkejag
met die poste steeds goed beman
neem soveel moontlik gevange,
u diskresie sal hier geld,
maar gee onversetlikes geen gena’,
ek verleen aan u hiermee
die reg van die kompanjie
soveel nodig uit te wis
om die ander af te skrik,
skrik op die lyf te jaag,
vrees vir setlaarrespons
by elk hotnot in te boesem,
solank die soldate net onthou:
ons gebruik hotnotkind en -vrou
u patrollie het volreg, die gesag,
om oral oor op enige wyse
’n hotnot nie aan u bekend
wat sy vryheid nie prys wil gee,
permanént
te verwyder uit die samelewing —
‘maak gebruik van u mag’,
so lui my doodsopdrag”

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.