PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



ons is allemal een

Kobus Faasen

tixo's my getuie:
ons is allemal een,
lank voor verversingstasies,
lank voor daai tyd
toe beeste meer belang as slawe had,
lank voor de drommedaris, reyger
en goede hoop, ahoi,
die kapitaal-akkumulasie-korporasie
hul ankers innie vlakte gooi,
die barbare'n beeste wag aan wal,
die kaapse stasie
later drooggelê vir 'n ander stasie
lank voor fasciste se eerste- en derdeklas,
lank voor daai tyd
toe khoisan hul tickets sommerso verkoop
op die swart mark aan albino's
uit die see wat die land kom vat
met krale, draad, tabak en arak,
selfs met dagga uit boom se tuin,
lank voor daai tyd,
lank voor autshumao, ons kaapse klong,
afrikaans begin te rol't op syn tong,
nog niet vertroud met die argwaan,
toe koloniste hul spottend begin doop,
aan afrika geen eer betoon,
lank voor daai tyd
lank voor die kasteel daar staan,
khoisankultuur stap vir stap vergaan,
die klap en klik wat stadig sterf
lank voor daai tyd,
europa se uitskot aan die kaap,
ver van de fraaie bloemen,
maar soenen mocht men niet verleren,
"van vlees alleen kan man nie leef,
hul moet ons tog plesier ook geef,
die vuur in die lieste laat vlam,
onderworpe aan ons lis,"
lank voor die eerste kolonis
gedeeltelik die tong kon klap,
inheemse tale erken sou word,
lank voor die hitlerwet
op aparte geriewe
liefde vir die naaste sou belet,
lank voor hervestigings, verskuiwings,
lank voor die ghetto's en reservate
vir naturelle, die inkerker van rebelle,
afrika se adelstand,
afgesonder op die eiland,
lank voor die totale strategie,
spioenasie en infiltrasie
om die status quo te behou:
m.i., ccb, wapenkor en aec,
lank voor atoom-energie,
voor die bou van 'n kernbom,
voor koeberg se vreemde suisings,
die weggooigif opgedrom
vir die mens se veiligheid,
was daar 'n tyd
(god is my getuie)
van onselfsugtigheid




LitNet: 23 Julie 2004

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.