PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Orania blues

Kobus Faasen

ek’s ’n vryheidsvegter
op pad na Orania
die tuisland te infiltreer
volkstaatskinners se koppe vol kak
te praat ytie Bybel, Koran, Talmoed,
so soet, die woorde vannie geestesghoeroes,
(watter boek’t ek uitgelaat?)
die kinners se koppe te vul
met 2005, die wonnerjaar
van opvoeding vir ammal,
liberation education -
a luta continua
ok vir Orania

ek vat my leesstof saam
die Huisgenoot’s nie da’ verban,
die burgers kannit vrylik lees,
dis goeie propagandastof
virrie hart, siel ’n gees

ek vat my kitaar ’n bekflytjie
en spelie boerebondblues
innie tuisland se HK,
wantie blues is veel erger
assie pyn van ’n AK

my Energade moet’k saam
virrie ekstra energie
paraatheid, my ‘brigade’,
dit moet jy weet:
soldaat moet tops wees,
’n fikse liggaam wat sweet
open die weë vannie gees,
latie onheil vinnig genees

my propaganda kom ytie woord
in hierie slawetaal,
kombystaal wat ons besig
het, wat ons wil hou,
en as’k liefde gebryk
as massa-hipnose,
vryheidswapen by ytstek,
gaan’k ok innie poorte van Orania
vreesloos liefde verwek,
kook met my kombystaal,
wan’ die pad na respek
loep dee’ mens se maag -
vra ma’ die Abanyama
wat’s vleis in hul taal

dit sta’ my ten doel, ja
hierie lewensgevaarlik’ recce toer
derie strate van ou Orania
warie boer jou bai’ maklik moer

kanti, soes Fidel moet’k bely:
ek’s ’n struggle aktivis
virrie stryd nog vreesloos lus
en wanner’k ytyntlik die vryheid kry
van ons dierbaar Orania,
in my ou kreukelhanne,
sal’k, Halleluja, heerlik weet:
moeite werd wassie bloed ’n sweet -
niemand kan daaroor stry,
nóú’s die Afrikaner waarlik vry

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.