PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



terroriste in kaapstad

Kobus Faasen

[“ek vra vir eendragtige optrede om die christelike beskawingslig in hierdie land aan die brand te hou ...” - p.w. botha, sauk-tv, saterdag 17 september 1988.]

“wat sou hulle makeer het, hierdie swartes,
weg te dros uit ’n land so mooi gebrei
waar hulle geweer word van dié wat verward is,
weggekeer word van halssnoer-prooiery,
alles gehad het wat ’n ander ras op sy
ontwikkelingspeil kon vra: ons gee gratis
(ten spyte van al die klipgooiery)
’n khayelitsha om saans in neer te vly,
binne ons vermoë, ons koeberg-hitte,
haas elke dag verneem ons as iets lek
en toe hul kla (ja, selfs toe!): taalgestremd’ gesprek
gevoer, oor vryheid onder netwerk van die witte -
gewettigde sjebeens profiteer ongehinder,
ja-nee, dis klinkende sakke vol silwer
wat ons vir hul voorgeskiet het,
hierdie swartes, wat sou hul gepla het?
niks het hul ontbreek nie, wie gaan skinder
dat ons afskeep, bid jou aan,
nietemin gaan hul oor ’n vermiste kwaai tekere
op die vlakte, kompleet soos tsotsi’s
en wil vreemdes by begrafnisse tart, daag
die gereg om op hul toe te sak,
teen ons sin ... niemand het hul verneuk nie
vanaand hoor jy hul sekel en simbaal,
rewolusionêre roesemoes in die stadsaal,
word iemand bewusteloos van die werklikheid
voor sy vennote in die stryd gehoor,
kom singend impi stootsvoet uit op straat,
bobbejaandans, oftewel ‘toi-toi’, met krete
om wet en orde indringend te molesteer,
hul strydlus nie na binne kan keer,
agter tralies selfs nog meer,
klink oor en oor
die politieke weerstandskoor
vir ’n gematigde raak die land nou klein,
volksbesit gaan met minag tot niet,
ons sal nou moet vasvat, ónder hou:
dié wat vrede so bedreig,
hul rewolusie reëlmatig ondermyn,
deur beïnvloeding nuwe persepsies kweek
by die massa, leiers en die leek,
ons retoriek voorhou as ’n skyn
terwyl ons werskaf aan die bewussyn
sodat die onrus kan verdwyn ...”

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.