PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



jan van riebeeck se gebed

(april 1652)

Kobus Faasen

“o barmhartige, goeie god
en hemelse vader
as kolonistekabinet is ons hier
vergader
in u naam

ons maak staat op u
goddelike majesteit
om ons maatskappy, die v.o.i.c.
hier aan die kaap van goeie hoop
ons nuwe land vir altyd
te vestig in wet en orde,
ook onder hierdie heidene, barbare
waar dit moontlik is
deur u hulp en genade
u ware gereformeerde christelike leer
mettertyd te versprei
tot eer en lof van u naam
en die welvaart van die direksie

daarom bid ons so, allerbegenadiger,
om u wysheid te skenk
aan almal wat aan wal moet gaan,
ons harte sodanig te suiwer,
ons van alle seksuele drange,
misverstande en moordlus
te weerhou,
en ons harte van materialisme rein
en tydens ons onderhandelinge
met voldoende konsensus
alles te laat geskied tot lof en eer
van u allerheiligste naam
en die beste belang van die sewentien direkteure
sonder om enigsins eiebelang te bevorder
of privaatwins te wil maak
en verder alles sal doen
in gehoorsaming van ons bevele,
soos opgelê deur die here sewentien
en ter wille van ons saligheid

ons vra dit in die naam van u seun,
ons heiland en saligmaker,
jesus christus,
wie ons geleer het
om onverbiddelik lief te hê ...”

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.