PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



jy mag my spraak beset (alles vloei aanmekaar)

Kobus Faasen

virrie gas in jou kliere
dra’k nie ’n masker nie,
vir die rubber van jou spraakspier
hoef’k nie terug te deins:
jy, HIV-vry, ek wat gedy,
die aanslag is aangenaam,
’n lus vir vrysinnigheid,
goedertierenheid groei grasieus
my tong is ’n verkleurmannetjie,
hy soek kos, trap suutjies in jou mond,
in noue kontak met sy prooi
jou taalorgaan, godgegewe,
gaan so afgeslote tog tekere,
penetreer my met propaganda,
agiteer alte lekker binnensmonds
my norme omtrent bedonner,
weerstand skoon verrinneweer
tot diep in die wortels in
knoop jou tong my glad vas,
in die oorlegpleging,
parabiose van papille,
slapende hormone nou wawyd wakker
my weerstand, middelklas-
verwaandheid verwater,
so ín jou dink ek weer:
“’n tong wat oefen, ritmies rond kan rol,
spoel, woel, letterlik krioel, kerjakker,
kan aan emosies uiting gee,
gedane sake só besweer,
sonder om ’n papilla te beseer”
sprakeloos skry ons alle wette oor,
skaamteloos sonder sensuur,
uit op parool
vertrou ons liefdevol mekaar,
sonder ’n woord van eer
om tog nie tong te verloor
in dié interaktiwiteit,
integrasie se euritmie,
gee en neem aaneen
die smaaktepels se stroop so soet,
so vol van sappigheid,
êrens kom ons in opstand,
oor en weer geaktiveer
as daar weer ruimte genoeg is vir my,
(gaan tog net nie nou al opsy)
sal ek hoogs tevrede moet bely:
“vir iemand nog glad nie ingewy,
kan jy nogal fókken lekker vry ...”

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.