|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |
|
|
|
n grensgedig
Kobus Faasen
pak n balsak sonder webbing
of cleaning kit en die kamp
is totaal n ramp
probeer bos toe gaan sonder waterbottels
of rat pack en jy slaan dek
lank voor die ambush
skryf n grensgedig
sonder sensuur, verswyging
van bosbefoktheid en almal kweel:
getel is grensliteratuur
se dae, nou ná die staakvuur ...
laat die terr maar booby-trap trap
ter wille van moedertaal, kultuur,
vreesbevange die lug inskiet
net sy dokumente sal ons skraap,
bymekaar na sy minklyf staar,
tevergeefs sy pleidooi,
iemand trap sy tjank af,
hy word die nag se prooi
gatvol van elke dag se camouflage,
kaljander deur die bos,
mahango plattrap, pbs moker,
elke aand se dronkgat poker,
te veel kere pislelies geplant,
te veel luiperdkruip,
en lê-houding laai
in namingola se warm sand,
vér oor die grens
van onbegrensdheid
moeg van ek-haat-jou-kyke
in gedwong-gedweë krale
van swart adelstand,
moeg van pyn se eggos
in martelkerkers van imperialisme,
geen resolusie
maar selfs cosawr, ecc,
al die ander pasifiste,
vol geld van jare in vrede,
betrag/borg geen anti-oorloggedig:
daars mos nou vryheid,
in dié nuwe land se lug
dié gedig is geen fokken droom,
en daarbuite om lê
nie fantasie se soom:
steeds voort gaan ons trek,
die grote wildernis in, deur
die hand van jakobsgod glo gelei,
maar sal versoeningsreg steeds vermy
as ons nie iets uit kykweer,
die hiet en gebied van squads en groepe,
uit voorgangers se voorbeeld leer
terug / boontoe
|
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
|