PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



die gevalle hostelbewoner

Kobus Faasen

jou lyf geknak soos ’n ou sowetan
hier waar jy lê
jou laaste stryd voltooi
(môre’s jy innie city press)
ennie tyre smeul nog
braaivleis, petrol, firestone
net nog ’n necklace geval
innie war zone
jou rooidoek, kenteken
vir die boere, nou ook as.
jou lewe het uitgebrand,
stuiptrekkend die gees gegee,
jou warlord in kwamadala wag,
sy hand op sy eikei,
sy impi’s gereed vir ’n aanval
deur die comrades vannie sdu,
hy sal wag vir die gedreun
van casspirs, blaf vannie honne
vir wit boere en askari’s,
koevoete, vreesloos en hard,

jou houvrou sal gaan soek,
uitvaar en -vra innie omgewing,
luister as die skote klap

die son wat deur die rookmis dring
sal môre die hostel wek
indoenakrete opklink deur die gange
dié wat werk het, voorberei
vir die roete vol gevaar
as die rooidoeke weer aantree
die strate dreun van hul oorlogslied
skilde kletter en skietgoed flits
die strydlus van voor af vlam

dan tiep jy nog
lê-lê jy diep
jou gees in ’n noodtoestand
en oor jou sterfterrein
sal kinders dan skool toe loop,
taxi’s mense werk toe ry

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.