PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



ek hou my arm om jou

Chris Engelbrecht

ek hou my arm om jou omdat ek jou herken
met jou dagboekinskrywings van kropslagters en ringwagters
wat nie ondertrou nie maar sloepveragtend die godshuis verlaat
om die hemel en aarde en alles daarop uit te daag en bebloed
in kosmiese katedrale te veg vir ’n onaantasbare tussengebied
en dan hoefklappend tot rus kom in die grysbaard-landskap
waar jy aan my vas is

ek hou my arm om jou omdat ek jóú herken
al huil jy saans en ek in die nanag     en al dwaal ons
afgeslote in die maanlig deur my woordelose landskap
met die bloedswart afgrond en die swellende veld
met die blaarkroon halfmense en hul verlate held
wat verslae is oor sy kennis van gesakte verledes
waar jy aan my vas is

ek hou my arm om jou en met die ander bliksem ek
die listige tyd wat jou na my laat verlang
terwyl ek bý jou is: ek bliksem en skerm
teen ál die duiwels en dose en donners
wat nie saam met god kan droom nie
waar jy aan my vas is

ek hou my arm om jou     al slaan jy op vlug
al word jy agt en tagtig en al lewe jy terug
al betreur jy die vrugte van my afgeslote sorg
waar ek as betragter en sonder jou god jou nog
net ’n grot woorde kon gee waarin jy moes berus
waar jy aan my vas is

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.