PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



lief al liewer

Chris Engelbrecht

ek het jou lief:

al is ons leeftyd soos gras

al het ek stil afgode gedien en berus
en al verwerp die President my getuienis

al wemel my siel van pes en vigs
en word ek verlei deur die vrou met gladde lippe
en lees ek te laat die Wet wat God geskryf het

al eet ek eiers en my eie vleis
steier dronk van bloed en dooier
ook al stap ek weg met gedreun
en brom soos ’n bromvoël

al slaap ek soms tot in oestyd
al hoor ek nie die ver sirenes nie
al verstik en verstrik ek in my insig
al verag ek die arrogansie van die kerk
en vat uit die kollektebord

al kry ek net troos in die skadu
al mis ek die “geseëndes” se lus
ook al lewe ons net twee keer op ’n slag
al sou God nie Sy foute kon verander nie
en selfs al tref die lot van die dwaas my:
al is die aarde oorgelewer:

al word jy agt en tagtig

ek het jou lief: al wys die nate
het ek jou lief: inniger as smart
voller as die nag; hoër as ’n vlag
feller as verlies; dieper as die hef
liewer as tevore: liewer elke dag

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.